B-day in Búzios

Ek het ‘n heerlike dag in Búzios gehad. Praia do Canto.  Abré het bespreek dat ons op ‘n boot uitgaan en lekker diep in die see swem.  Ilha do Coboclo, Praia João Fernandes, Ilha Branca en Praia Tarta Ruga.  Daar is sekerlik vis in die bloue water, maar ons sien niks, geniet net die wye see en die geselskap om ons. 

Die baai lê vol skuite en bote. Groot cruise liners wat verby vaar en bote vol toeriste in Búzios aflaai vir ‘n dag uit op land. Die strate is vol mense. Sondag is besig maar ons drentel rustig die strate in. Na ons bootrit eet ons verkaarsdag draai roomys en stap af strand toe. Dis nie regtig see nie, net rustig in die water wees en gesels oor wie weet wat. So nou en dan afduik om jou boude son te gee, en verder die golwende water te ervaar. 

En hier lê my hart, na aan die meisiekind wat elke dag meer mens word, meer self en meer eie. 

En hier lê my hart weereens, na aan die seuntjie wat elke dag meer vra, meer weet en homself en die wêreld om hom verder verken. 

En die is wie ek is, ge-ets in die mense om my. Hulle sal my vorm die volgende 5 maande en deel van my denke uitmaak, wat ek hopenlik ‘n ewigheid sal kan onthou! 

En dis die storie van my lewe vorentoe, die deel agter het baie meer beelde, belangrike boublokke, messelaars, mense en verhale, waarvan jy wat lees seker deel is!

Leave a Reply

Your email address will not be published.