Die bus na Purmamarca

Ons ry vandag uit Salta na Purmamarca. Ons gaan eers Suid ry en dan Noord. Die pad is groen aan die kante, suikerriet plase en groene velde. Ons stop by ‘n klomp dorpies oppad, laai mense op en af. So stop ons ook by dorpies om net groot en klein kartondose met pos op en af te laai. Hier werk die busdiens goed as spoedpos, hulle ry mos in elk geval elke dag die roete. Elke klein plekkie steeds ‘n busterminaal van ten minste 5-50  busse, afhangend van die grootte van die dorp of populariteit, soos skole, toerisme en winkels. Die Quebrada is steeds oral jn berge en valeie te sien, kenmerkende kleure. Die paaie stof en groen orals vir boerdeyr. Die riviere is klipplate, en lyk maar bar. Dis net sand, maar glo my daar is sterk water wat vloei! 

Die rit is koud. Buite is die pieke van die berge liggies met sneeu gesprinkel. Die prentjie mooi, maar ekmwonder of dit so mooi gaan voel as die windjie opkom…

Ons ry tot op Tilcara, van waar ons ‘n kleiner bussie sal vat, die pad terug na Purmamarca. Ons wag seker ‘n uur vir die bus. Dan klim ons op, laai ons eie sakke en sit tussen giggelende skoolkinders wat oppad is huistoe. 

Ons arriveer in Purmamarca teen laat middag. Die stalletjies op die plaza is oop en almal probeer aan die bus vol nuwe toeriste iets te verkoop. Baie geduldig, maar as jy kyk is hulle baie effektief om iets te verkoop. Die kinders swig voor die kleure. Môre sal ons gaan kyk wat hulle wil koop, maar nou moet ons eers mooi dink.  My sak gaan nog die kinders se truie moet dra, dit weet ek so ek koop niks!! 

Ons stap die dorp se strate vol. Die stop is net vir die uitsig en die rustigheid. Ons ontmoet ‘n klompie “jonges” en hulle het baie info oor Bolivia. Ons besluit om ons planne so bietjie te verander, maar ons sal eers daaroor moet gaan lees. Die plek waar ons by het wifi, maar die so stadig ons kan skaars whatsup. Van hier af gaan ons net sukkel! Ek skryf maar my blogs en sal dit later post. Die foto’s gaan net ‘n groot probleem wees. 

Ons stap by die ‘n klompie winkeltjies in vir vanaand se kos. Hier word alles verkoop van wyn, brandewyn, vleis, groente en die basiese groceries, als in ‘n spasie van 2×5 meter. Die is die soort winkeltjies waarmee ons nog groot geword het. Nou bestaan hulle nie meer nie, en vandag Hugo’s toegemaak het in Linden, is die nog net op die platteland te kry…bygesê as jy ‘n lisensie vir alles kan kry! 

Vanaand maak ek pasta met groente, en vleis. Ons bly in ‘n baie lekker cabaña, met eie stoof. Ek verkies om kos te maak terwyl die kinders rondsit en ipad speel, wiskunde doen (wishfull thinking) en Lenka lees boeke. Dan kan Abré navorsing doen oor Bolivia en ek kan blog. Restaurante se kos werk net nie altyd nie, jy soek groente en kry net stysel. En nou soek ek groente! 

Leave a Reply

Your email address will not be published.