Ruta del Desierto – Pukará de Quitor

Ons is oppad busstop toe want die bus vertrek 9:00. Die strate is lekker na na ‘n bietjie reën vroeg vanoggend. Ons stap busstop toe, seker so 1.6km. Daar hoekom is dit ‘n ander storie. Die bus is sowat 45min laat. Ons tasse word gelaai, met groot hoop en verwagting. Dis egter nie lank nie, of die lang wag begin. Almal sit op die rye stoele en hoop om later te vertrek. By die busstop, is die mooi murial gemaak van grond, gras en modder, of dan Adobe.

Die kinders het nog $CPesos wat hulle kan spandeer en besluit om die hier in die woestyn uit te gee. Janko koop vir hom ‘n pyp, hy is mos 10 en kan seker begin rook. Lenka koop vir haar die mooiste koper, minerale pendant, ek is skoon jaloers! Janko maak nog ‘n draai by twee tannies wat weef en brei en koop ‘n lama serp en mussie. 

Teen 15:00 kry ons die nuus, die vulkaan is toe onder die wolke. Dit beteken die grens is toe, want die pad is vol ys. Ons bus ry nie vandag nie, dalk weer môre om 8:00. 

Ons stap terug na die Domos los Abuelas toe, en kry ‘n ander kamer, die keer een met 4 enkel beddens. Abré doen navorsing oor Macchu Pichu trek opsies, ek gaan dorp toe, eers om te kyk of ons kan geld ruil teen ‘n billike orys…maar dis mos wensdenkery… Ekmstap toe maar weer om kos te koop vir vanaand, geld te trek en te gaan hoor of ons dalk vanaand kan sterre kyk. ONTHOU: San Pedro de Atacama Banco vra geen fooie om geld te trek nie!! Begin dus jou Chile reis hier!! 

Dis volmaan! Geen sterre nie, maar ons gaan sommer die maan kyk vanaand en bietjie na die sterre self loer. ZA sal maar die ding moet doen. Ek stap terug en ons besluit om sommer die dorp uit te stap en na die trail so 3km buite die dorp te gaan kyk. Janko is beïndruk met die klei oppad, en beplan al hoe hy pottery daarmee gaan doen. 

Routa de Desierto – Pukará de Quitor: Desierto y Arqueologia. Hier is argeologie van die vroeë Atacameña street se mense wat hier gebly het, Argaiese tydperke tot 9000 v.C. tot 1550 n.C.  Die mirador is reeds toe, dis laat en dit vat 2ure om dit te voltooi. Ons kyk na die reünes en stap verder tot by die plaza. Die era dateer 900n.C – 1450 n.C. Uitsig oor die vallei van bo by die reünes af. 

Die plaza is ‘n groot alleenstaande boom en ons stap eers verby hier sien ons ‘n boog gebou met ‘n gesig van ‘n man, by die poort van die ingang. Na al die duisende jare kom twee identiteite te voorskyn. Een uitgekap, die a der in rots gelaat. Dis groot, mooi en heeltemal iets anders. Die brosjures bevat geen inligting hieroor nie, so ons moet maar seker alles self google… Ek kry ‘n foto op die internet waar die bord nog hang en mense gevra word om nie binne te gaan nie. Wel, ons het nie geweet nie, die bord is soek, net die twee kettings hang nog daar. ‘n Ent, seker so 30m verder is daar grotte met borde wat vra bly uit, wel ons het. ‘n Mens is maar net weereens verstom oor die vakmanskap van daai tyd, met tegnologie tot hulle beskikking. Kyk hie mooi en stewig die boog, perfek! Vandag se huise se binnemure word nie eers reguit gepleister nie… Foto 1 is met die ingaan en 2 met die uitkom. Onder is on 5…of 6 as jy twee kante tel, of dalk 7…wie weet…

 

Twee kante van die gesig, een hou uit die ander Nog deel van die rots, lyk nie vir my of dit verweer is nie, dis nie diep genoeg nie. Ek dink dis net ‘n profiel… Onder die vallei waarheen die gesig kyk.

By die plaza is daar weereens ‘n gesig in die klip uitgekap, die keer neem ek die boom af, op een of ander manier pas dit vir my beter by die vrou. Roepend soekend na bo. Die son, die reën, die hoop die verwagting? Ons kan maar net nie op onsself aangewese wees nie. Hulp soek ons altyd iewers groter. As jy nie mooi kyk nie mis jy die gesig! Die een het twee kante…

 

Die rivier is weereens geskraap sodat water kan vloei en nie in die breë rivierbed wegraak nie. Daar staan ‘n laaigraaf wat werk aan die rivier soos ons huitoe stap. As ons tyd kon vashou sounons dalk beter kon verstaan, enkele minute meer hê om in te neem en te interpreteer. 

In die verte die Andes, mooi wit toegesneeu. Dis son sak oor Atakama, dalk die laaste keer vir ons. Tot môre dan probeer ons weer! 

Leave a Reply

Your email address will not be published.