Pichilemu na La Serena

Die volgende 13 ure gaan lank sit wees. Wat mens frustreer is dat sommige roetes kos gee, ander snacks wat hulle kos noem en ander het nie eers water op die bus nie. So, ek pak weer middagete, kry water reg en die groot pak begin. Ons loop ons laaste draaie deur Pichilemu. Ons groet die see en is oppad. 

Van hier ry ons na Santiago. In Santiago het ons 15min om die bus te kry na Valparaiso. Haha, die teller het die kaartjie bespreek van die ander terminaal af, so 2km verder. Dit gaan nie werk nie. Ons kry ‘n portier wat gou regstaan en die kaartjie laat oordruk. Ons kry ‘n bus en hoop ons het genoeg tyd op Valparaiso om nog die bus te kry.  Hier klim ons weer oor en vat die bus deurnag na La Serena. 

Nie veel gebeur nie. Chile is lank, so reis vat maar tyd. As jy daar kom is jy moeg gesit en moeg van sleg slaap. Teen die tyd weet jy al wat wag. 

Leave a Reply

Your email address will not be published.