Sonsopkoms en speel in die sand tot 10:00… Koffie en dan pak vir die volgende 34 ure. Vanaand sal ons…
Author: mignon@vlooi.co.za
‘n Dag op die strand
Opgestaan geëet oppad strand toe by die mark. Hier sien ons hoe mens sap maak van suikerriet. Net gister het ons gewonder of Rio ‘n mark het. Vandag loop ons hom raak. Dis Sondae, reg om die parkie in die stad. Orals is kosstalletjies, vrugte, groente, kruie, vis, vleis te koop teen goeie pryse. Mense kom met mandjies en karretjies en koop vir die week.
Andersins is die strate rustig. Ons stap af strand toe. Daar is ‘n sonnetjie wat wil-wil deurkom, maar dis bewolk. Jy begin die oggend op Rio se strande met ‘n caipirinha, so half cachaça en bietjie suurlemoensap en die oggend koerant….
Die kinders wil net in die sand speel. Hier sit ons heeldag tot 15:00. Dis sand kastele, die vulkane en dorpies. Riviere, huise en kerke, alles word gebou. Janko grou ‘n gat wat baie groot en diep is. Gou is hy weg onder die sand.
Dis weer Rio en sy verkopers. Ons is rustig, dis die see en ons voorlaaste dag in Suid-Amerika. Vanaand gaan ek nie my summary skryf nie, maar ek wil dink dat mens eerder hier moet bly as die bloedige, geldgierige greedy Suid-Afrika. Korrupsie is orals, die verskil is net dat mens hier nie so bedreig voel nie. Hier kan mens actually leef…
Ai, ek is glad nie lus vir Johannesburg nie. Nie lus vir die verkeer, mense, alarms…niks. Vir 5 maande geen elektriese heinings en sekuriteitshekke nie. Geen maar absoluut geen gevoel van onveilig wees nie. En nou is dit tot ‘n einde.
Rio liewe Rio!
Vanoggend kry ons nuus dat ons drie sakke op die lughawe het. Abré se sak is nog nie hier nie,…
Ons bagasie…vermis
Dis nou net wat jy nodig het as jy na 5 maande jou tweede laaste stop het. Geen sak vir…
Reis…
Ons is 4:30 op en oppad na die ferry. Eers als regmaak, ‘n broodjie eet en dan stap ons die…
Isla Isabela
Galapagos, kontras. Die warm water met koraal en tropiese oseaan, met kaktusse op die strand. Langs die kaktusse en lawa…
Cerra Negro, Volcan Chico
Jy bly op die Afrika kontinent en sien die tweede grootste krater in die wêreld eerste. Cerro Negro is sowat…
Isabela se strande
Vandag maak ons ontbyt en dan is ons oppad strand toe. Isabela het ‘n baie beter besteding van geld as…
Al die see na Isla Isabela en Darwin
Isal Isabela is op die lyse weens die vulkaan, die pikkewyne, mooi snorkel areas en die klein populasie. Dis meer…
Fietse en visbraai
Fietsry is ‘n moet op elke eiland. Daar is oulike paaidjies en almal doen dit! Klein en groot, oud en…